Generic selectors
Exact matches only
Search in title
Search in content
Post Type Selectors

Home / Die Burger 19 May 2023 – Nuwe toestel vir behandeling van asma

Die Burger 19 May 2023 – Nuwe toestel vir behandeling van asma

Die AfriSpacerTM vertraag die spoed van die sproei uit die asmapomp en laat toe dat meer medikasie suksesvol na die longe gaan. Nuwe toestel vir behandeling van asma Denique Smith , N Nuwe toestel genaamd AfriSpacerTm wat die inaseming van medisyne uit ‘n asmapomp baie makliker en doeltreffender maak, is deur die Allergiestigting van SuidAfrika Afsa bekend gestel. Die ontwikkeling van die AfriSpacertoestel het al ‘n paar jaar gelede begin toe prof. Heather Zar, ‘n pediatriese pulmonoloog en hoof van die departement pediatrie en kindergesondheid by die Rooikruiskinderhospitaal, ‘n tuisgemaakte spasieerder uit ‘n plastiekkoeldrankbottel gemaak het nadat sy die ontoereikende behandeling van asmatiese kinders weens die hoe koste van asmaspasieerders waargeneem het.

Zar se innoverende ontwerp het aan haar die Amerikaanse toraksvereniging se Wereld Longgesondheidprys besorg ‘n eerste vir ‘n pediater en die eerste keer dat iemand uit Afrika die eerbewys ontyang het. Die plastiekbottelprototipe is verder ontwikkel en verfyn tot die AfriSpacerTm deur ‘n toegewyde span biomediese Ingenieurs onder leiding van prof. Mikael Levin, uitvoerende hoof van Afsa en hoof van die pediatriese asma en allergieafdeling van die Rooikruiskinderhospitaal. Die tydsberekening met die bekendstelling van die AfriSpacerTmtoestel is tydig, aangesien Mei die bewusmakingsmaand vir asma is, met Wereld Asmadag wat jaarliks op 2 Mei gevier word.

Dit is kommerwekkend dat Suid Afrika een van die hoogste sterftekoerse weens asma ter wereld het, met sowat 15 000 sterftes per jaar. “Konserwatief beraam, kan 80% van asmasterftes voorkom word met beter behandeling,” se Levin. Levin, wat ook ‘n professor in pediatriese allergologie aan die Universiteit van Kaapstad is, verduidelik dat wanneer ‘n asmapomp sonder ‘n spasieerder gebruik word, die meeste van die sproei die agterkant van die keel tref, met net 9% van die medisyne wat wel die longe bereik. “Die AfriSpacerTm vertraag die spoed van die sproei uit die asmapomp en laat toe dat meer medikasie suksesvol na die longe gaan. “Met die AfriSpacerTm bereik 1,7 keer meer medisyne die longe, wat dit baie doeltreffender as ‘n nebuliseerder of droepoeierinhaleerder maak,” se Levin.

Volgens Zar word die AfriSpacerTM vir alle kinders en volwassenes met moeilik beheerbare asma aanbeveel. Duisende toestelle is reeds gratis aan openbare hospitale en klinieke oor SuidAfrika en Zimbabwe heen verskaf. Die toestel kos R90 dit kan van die mediese fondse geeis word en die opbrengs gaan aan Afsa om hul asma en allergienavorsing, opleiding, pasientbewusmaking en opvoeding, ondersteuning en sorg te finansier. IN Die AfriSpacerTm en AfriValveTM is vanaf Junie landwyd beskikbaar by DisChem, Spar en Local Choiceapteke, Alphengroothandelsapteke en aanlyn op Afsa se webwerf.

Klik op die skakel om die PDF hier te sien

0 Comments

Submit a Comment

Your email address will not be published. Required fields are marked *

AFSA Border

other articles you might be interested in…